Jemen separatiste gereed vir dialoog

Die separatiste in die suidelike streek van Jemen het gesê hulle is gereed om dialoog te voer met Saoedi-Arabië oor die afstand doening van die stad Aden.

Dit volg nadat die separatiste beheer bekom het oor die suidelike gebied en die hawe van Jemen wat deur Saoedi gerugsteun is.

Die oorname deur die Verenigde Arabiese Emirate se rugsteun van die separatiste se magte het getoon dat daar krake is in die Saoedi geleide militêre koalisie wat sukkel teen die Iran gesteunde Houthi magte wat reeds vier jaar duur.

Die Southern Transitional Council het ’n uitnodiging grig tot Saoedi-Arabie om ’n byeenkoms by te woon wat “gehou sal word so spoedig as wat nodig mag wees”.

Die separatiste was die eerste groep wat teen die Iran gesteunde Houthi groep te staan gekom het gedurende 2015, en bly lojaal teenoor die regering van Saoedi.