Jare om ekonomie te herstel

Om Suid-Afrika se ekonomie te herstel, gaan baie jare neem, en dan is die vraag of die herstel wel gaan plaasvind, sê ekonome.

Die agteruitgang wat oor 25 jaar ondervind is, kan selfs langer as 25 jaar wees om te herstel, veral omdat infrastruktuur op vele terreine sodanig agteruit gegaan het dat algehele vervanging van sekere strukture nodig kan wees.

Die geweldige skuldlas wat oor ’n kwarteeu opgebou het, sal ook dekades neem om uitgewis te word, maar die moontlikheid is groter dat die skuldlas nog groter word.

Meningsvormers is van oordeel dat die Gesondheidsplan se uitgawe van R400 miljard per jaar, waarskynlik die grootste belemmering gaan word om die skuldlas afgelos te kry, en word voorsien dat dit eerder sal bydrae tot ’n stygende skuldlas by die internasionale voorsieners van fondse.

Die moontlikheid bestaan ook dat Suid-Afrika binne afsienbare tyd nie meer so maklik buitelandse lenings gaan kry nie, en groter druk sal ondervind om sy skulde te verminder voordat nuwe lenings toegestaan word.