Japan verslag vrygestel oor Korea wapens

Kim Jong-Un

Japan het ’n opgedateerde verslag vrygestel oor Noord Korea se kernwapen vermoëns wat in ’n Verdedigings Witskrif vervat is.

Volgens die Witskrif blyk dit dat Pyongyang reeds die vermoë het om “miniatuur-agtige” kern plofkoppe vir oorlog doeleindes te vervaardig.

Die bevinding van Japan vergelyk goed met sy verslag van verlede jaar oor die onderwerp waarin voorsien is dat Noord-Korea binnekort oor die besondere vermoë kan beskik.

Die Japanese bevinding word deur kenners as ’n kommerwekkende verwikkeling beskou wat as ’n ernstige bedreiging vir Westerse lande inhou, en voorspel niks goed vir onderhandelinge tussen President Donald Trump en Kim Jong-Un van Noord-Korea nie.

Deskundiges in wêreldpolitiek waarsku dat die onbetroubaarheid van Noord-Korea se leier, nie onderskat moet word nie, en dat hy sal voortgaan met wapen ontwikkeling terwyl hy vriendelike samesprekings voer met die VSA oor die afskaffing daarvan.