Japan-Suid Korea verhouding versuur

Die kabinet van Eerste Minister Shinzo Abe in Japan het besluit om Suid-Korea se naam te skrap van sy lys van lande wat die voorreg het om minimum uitvoer kontroles te geniet.

Die besluit het die spanning tussen die twee land verhoog wat veroorsaak is deur die geskil oor kompensasie vir arbeiders gedurende die oorlogtyd van die verlede.

Intussen het die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake gesê die VSA poog om die geskil tussen twee van sy belangrike alliansie vennote te besleg, maar die Japanese Minister van Nywerhede sê die maatreël tree in werking op 28 Augustus.

Noord-Korea het gevra dat Japan nie die stap moet neem nie, ’n gevra dat verdere samesprekings gevoer moet word om die dooiepunt uit die weg te ruim.

Die besluit kan ’n ernstige tekort aan hoë tegnologie onderdele beteken wat wêreldwyd ondervind sal word en groot ontwrigting op die elektroniese bedryf kan meebring.