Japan en Suid-Korea ontmoet mekaar

Taro Kono en Me. Kang Kyung-wha

Na weke van ’n woord-geveg tussen Suid-Korea en Japan, het beide uiteindelik ingestem tot dialoog wat Woensdag in Beijing plaasvind.

Die Minister van Buitelandse Sake in Japan, Taro Kono, sal sy eweknie, Kang Kyung-wha van Suid-Korea ontmoet, en die verwagting is dat die twee lande uiteindelik hulle geskil sal neerlê.

Die spanning tussen die twee Oos-Asiatiese lande het die verhouding ernstig geskaad, en Japan het gedreig om Suid-Korea se naam t verwyder op sy lys van bevoordeelde state.

Die gesprekke sal tot Donderdag duur waarna onderhandelings met Sjina gevoer sal word, wat as ’n eerste in die afgelope drie jaar sal wees.

Die spanning tussen die Skiereiland en Japan het byna gelei tot ’n algehele skaarste van sekere onderdele wat met hoë tegnologie gepaard gaan.

Noord-Korea het vroeër geëis dat Japan skadevergoeding betaal wat die land gedurende die Tweede Wêreldoorlog gely het toe die Japanese die land aangeval het.