Italië se Eerste Minister bedank

Matteo Salvini

Eerste Minister Conte van Italië het Dinsdag in die parlement aangekondig dat hy sy skriftelike bedanking by die land se president, Sergio Mattarella, sal inhandig na afloop van die parlementsitting van die dag.

Die wrywing tussen die regerende 5-Ster beweging en die nasionalistiese Liga, het reeds na afloop van die verkiesing sy krake getoon toe die twee partye nie kon ooreenkom met wie die Eerste Minister amp sal beklee in hulle koalisie regering nie.

Uiteindelik is die kompromie aangegaan dat Conte, ’n derde party se leier, die Eerste Minister word.

Gedurende die afgelope jaar van koalisie regering het die Liga se leier, wat ook ’n minister in die koalisie regering is, sy party laat groei van die 17% in die verkiesing van verlede jaar, tot ’n 35% steun wat tans bereik is.

Kenners wys daarop dat dit die hoofrede is waarom die leier, Matteo Salvini, besluit het om te bots met die koalisie regering en hom onttrek het uit die regering, want sy kanse om die Eerste Minister te word as ’n nuwe verkiesing gehou word, is redelik goed.

Die probleem is egter dat die president besluit of daar nou ’n vervroegde verkiesing gehou sal word, en of hy eerder ander partye geleentheid gaan gee om ’n koalisie regering saam te stel.