Italië: Nuwe oorbrug byna klaar

Die brug wat ’n jaar gelede inmekaar gestort het in Italië, is herbou en sal waarskynlik in April 2020 voltooi wees.

Die Italiaanse Eerste Minister, Giuseppe Conte, het in ’n toespraak gesê die nuwe oorbrug is ’n simbool van hoe Italië sy knelpunte bemeester.

Tydens die ramp het 43 mense omgekom en die familie het steeds ’n stille hoop dat die owerheid sal kompenseer vir die verlies wat verlede jaar gely is toe die brug op onverklaarbare wyse inmekaar gestort het.

Die familie en vriende van die slagoffers het ’n kerkdiens gehou ter nagedagtenis van die 43 mense wat op die onverwagse wyse met hulle lewens betaal het toe die oorbrug sonder waarskuwing inmekaar gestort het.

Die land se President, die Eerste Minister, en ander politieke leiers het die diens bygewoon uit simpatie met die bedroefde familielede.