Italiaanse koalisie spat uitmekaar

Minister Matteo Salvini

Die Italiaanse koalisie regering van konserwatiewes en nasionaliste het uitmekaar gespat, en die Adjunk-Eerste Minister het bevestig dat die regering na maande se interne struwelinge nie langer so kan regeer nie.

Adjunk-Eerste Minister Matteo Salvini het aangedui dat die enigste uitweg beteken dat die Italiaanse kiesers weer na die stembus moet gaan om ’n nuwe regering saam te stel.

Die 5-Ster Beweging van die premier het die grootste steun van alle partye in die parlement, en kon nie eensgesindheid kry met die nasionalistiese Liga as koalisie vennoot nie.

Minister Matteo Salvini het aan die Eerste Minister, Giuseppe Conte, gesê die koalisie regering het inmekaar getuimel en daarom is ’n verkiesing die enigste oplossing.

Die konserwatiewe 5-Ster Beweging het geen kommentaar gelewer op die beweringe en voorstelle nie, maar kenners wys daarop dat Italië bekend is daarvoor dat koalisie regerings nie lank hou nie, maar dat die een jaar van die huidig koalisie ’n teleurstelling is van die konserwatiewes van die land.