Italiaanse 5-Ster verwerp koalisie vennoot

Die breuk tussen die konserwatiewe 5-Ster beweging van die Eerste Minister in Italië, met die nasionalistiese Liga, blyk nou finaal en sonder omkeer te wees.

Die leier van die Liga, Matteo Salvini, se wegbreek uit die koalisie regering het nie onverwags gekom nie, en hy beplan om ’n mosie van wantroue in die land se premier te stel met die komende parlementsitting.

Hy het ook geëis dat ’n vervroegde verkiesing gehou word, maar die Eerste Minister sê Salvini het reeds skade aangerig en hy moet voortgaan met wat hy wil bereik.

Die 5-Ster beweging sal egter nie verder oorweging gee om met die nasionaliste in ’n koalisie te regeer nie.