Iran skrik vir Britse optrede

Die regering van Iran het blykbaar geskrik met die aanhoor dat ’n Britse oorlogskip onderweg is na die Golf See om sy handelskepe en olie tenkskepe deur die Golf te begelei.

Kort nadat Brittanje die aankondiging gemaak het, was dit die paniekerige Iran wat verklaar het dat die Britte se tenkskip, Grace 1, binnekort “vrygelaat” sal word.

Iran beweer dat die vrylating sal plaasvind sodra noodsaaklike dokumentasie afgehandel is.

Brittanje het verlede week aangekondig dat hy die Amerikaanse inisiatief steun om vragskepe te begelei deur die Golf, en het Maandag ’n oorlogskip gestuur om te verseker dat Iran nie weer beslag lê op sy skepe nie.

Kenners is van oordeel dat Iran die skip waarop hy beslag gelê het, skielik wil vrylaat na die aankondiging dat nog ’n oorlogskip onderweg is na die gebied.