Iran se olietenkskip word dopgehou

Die Grace 1 olie tenkskip van Iran, wat vrygelaat is deur die owerheid in Gibraltar, vaar oënskynlik doelloos op die see rond nadat waarskuwings gerig is om nie die olie aan Sirië te lewer nie.

Aanvanklik is gemeen die skip was onderweg na Sirie, en is verhoed om daarheen te vaar. Na weke in aanhouding by Gibraltar is die skip toegelaat om te vaar na sy bestemming.

Die skip het in die rigting van Griekeland beweeg, en die VSA het gewaarsku om nie olie van Iran te koop nie weens die internasionale sanksies teen die land.

Griekeland het in reaksie op die Amerikaanse waarskuwing gereageer en gesê die Iran tenkskip het nie gevra om by ’n Griekse hawe aan te doen nie.

Die VSA het aanvanklik gepoog om weer beslag te lê op die Grace 1 maar was blykbaar te laat met dokumentasie, maar die Owerheid in Iran het gesê die VSA is met ’n gevaarlike poging besig om so iets te doen.

Kenners wys daarop dat die Grace 1 klaarblyklik onseker is oor wat gedoen moet word, want as Griekeland nie die skip in sy hawe toelaat nie, is daar weinig geleentheid in ander hawens op die bepaalde roete.