Iran kaap Irak olie vragskip

Die Iran Rewolusie Korps het weer toegeslaan in die Golf gebied en nog ’n olie tenkskip gekaap wat na bewering onder  die vlag van Irak gevaar het.

Intussen het ’n woordvoerder van die Irak regering gesê die skip vaar nie onder sy vlag nie, en is nie ’n tenkskip van hulle nie.

Slegs sewe bemanning op die reuse tenkskip is glo veilig volgens ’n woordvoerder van di Irannese owerheid.

Die kaping het die gespanne toestand met Westerse lande tot by breekpunt laat styg, en alhoewel geen land tot dusvêr enige kommentaar gelewer het oor die voorval nie, het verskeie leiers mekaar geskakel om strategie te bepaal.

Geen Westerse land het tot hede ingestem tot Amerika se voorstel dat elkeen ’n paar oorlogskepe na die Golf stuur om olie tenkskepe en ander handels vragskepe te begelei.

Die tenkskip is naby ’n Irannese eiland, Farsi, gekaap deur die sogenaamde “elite” Revolusie Korps vaan Iran wat ’n vlootbasis het in die nabyheid.

Die olietenkskip se bestemming is nie bekend gemaak nie, en sy 700,000 liters ru olie kan weke lank aangehou word.