Internasionale Handel

Die handelsoorlog wat deur die VSA begin is om die Sjinese te dwing om meer van Amerika se goedere te koop, het nie vrugte gelewer nie, maar het wel ’n uitwerking op die ekonomie van Beijing.

Gedurende die G7 Beraad in Frankryk, het Amerika onderneem om ’n groot sake ooreenkoms met Brittanje te sluit na dié land se uittrede by die Europese Unie.

Daarmee het die VSA waarskynlik sy invoere vanaf Sjina gedeeltelik omgeswaai om eerder Britse alternatiewe produkte in te voer, wat die Sjinese ’n verdere knou kan toedien.

So ’n stap sal die Britte se vrees oor uittrede uit die Europese Unie tot ’n groot mate besweer, en kan die Amerikaanse kopers die aanvraag na Sjinese goedere verruil vir alternatiewe produkte uit Brittanje.

Suid-Afrika kan self ook voordeel trek uit die Brexit van 31 Oktober as hy nou reeds onderhandel met die Britte oor veral di voorsiening van voedsel soos vrugte, groente en rooivleis.

Die swak ekonomiese toestand in Suid-Afrika kan omgekeer word indien die kanse benut sou word om sy uitvoer t verhoog met goeie ooreenkomste, wat los staan van die regering se twyfelagtige vermoë in die verband.  

Die huidige internasionale spanning en woelinge op die in- en uitvoer bedryf kan die sneller wees wat die geweerskoot laat klap om die Suid-Afrikaanse boere te red uit die gemors van ’n grondgryp beleid deur nog meer intensief te verbou wanneer die magsugtige regering beslag gelê het op dele van ons volk se eiendom.