Indiese seun het honderde tande

’n Indiese seun se vele tande in sy mond het tandartse in verwarring gebring toe honderde klein tandjies uit die sewejarige se mond verwyder moes word.

Dokters het byna vyf uur lank gewerk aan die seun se mond om 526 klein tandjies te verwyder en hom te laat met 21 tande.

Die operasie word beskryf as die eerste van sy soort in die wêreld en die hospitaal in die kus stad Chennai, wat die X-strale van die seunse mond moes maak, het gevind dat honderde tande in sy mond is, waarvan talle selfs in die verhemelte is.

Die seun het gekla van pyn in sy mond, en uiteindelik is die 526 tande, wat wissel in grote van 0.1 millimeter tot 15 millimeter, deur Dr. Prathibha Ramani, en sy kolegas verwyder.

Die dokter sê al die tande wat verwyder is, was werklike tande want almal het ’n duidelike kroon soos normale tande, asook ’n “normale” wortelstelsel .