Indië beoog handels besoek aan VSA

Die Indiese Eerste Minister, Narendra Modi, het telefonies met die Amerikaanse president kontak gemaak en gesê hy is hoopvol dat  ’n handelsooreenkoms tussen die twee lande aangegaan kan word.

Premier Modi wat onlangs sy verkiesingsveldtog suksesvol gevoer het en vir ’n tweede termyn verkies is met ’n vergrote meerderheid, wil sien dat die twee lande se verteenwoordigers onderhandel om ’n stewige handelsooreenkoms te tref.

Modi het die hoop uitgespreek dat sy Minister van Handel en die VSA se eweknie binnekort kan ontmoet ten einde ’n nuwe, meer uitgebreide handelsooreenkoms te sluit.

Gedurende Julie het die twee lande vergader sonder om werklik tot ’n belangrike ooreenkoms te kom, maar me. die G20 beraad het Modi en Trump weer gesprak gevoer en die vooruitsig gestel dat hernude pogings hervat moet word.