IMF: EU nomineer vroulike kandidaat

Kristalina Georgieva

Die Europese Unie se regering het die Bulgaarse dame, Kristalina Georgieva, as hul kandidaat aangewys vir die amp as hoof van die Internasionale Monitêre Fonds (IMF).

Die kandidaat is aangewys na ’n maraton vergadering van meer as 12 uur lank, wat ’n aanduiding is van die skerp verdeeldheid wat tans in die EU ondervind word.

Kristalina Georgieva is tans die Hoof Uitvoerende Beampte van die Wêreld Bank, en het ’n bewese rekord van uitnemende bestuursvernuf.

Die 65-jarige dame het die steun van 28 lidlande van die Europese Unie en het die Nederlandse kandidaat, Jeroen Dijsselbloem, na twee rondtes van stemming en onderhandelings, finaal uitgeskakel.

Die gematigde, konserwatiewe Kristalina Georgieva is nou die amptelike kandidaat van Europese lande maar meer lande sal waarskynlik kandidate aanwys vir die gesogte amp.

Die enigste aspek wat haar kandidatuur benadeel, is haar ouderdom, aangesien die IMF regulasies bepaal dat kandidate jonger as 65 jaar moet wees, wat beteken dat die regulasies gewysig moet word indien sy verkies sou word.