HSBC bankiers se hoof bedank onverwags

Skokke het deur die HSBC struktuur getrek by die bekendmaking dat die Hoof Uitvoerende Beampte van die bank, John Flint, onverwags bedank het.

Flint se bedanking kom slegs 18 maande nadat hy in die amp aangestel is, en alhoewel geen rede verstrek is dur die bank nie, blyk dit dat die moeilike tye waarin die finansiële instelling verkeer, iets daarmee te make het.

Na besig word sal sowat 4,000 personeel afleggings, waarvan die grootste aantal in senior poste is, binnekort oorweeg word, wat dan ook ’n donker wolk oor die finansiële reus gebring het.

Die Londen hoofkantoor het geen rede verstrek vir die skielike bedanking nie, en die bedrag wat aan Flint betaal is, sal eers later bekend gemaak word.