Hong Kong: Trump dikteer vir Sjina

President Donald Trump het gesê Sjina moet eers die voortslepende spanning in Hong Kong beëindig alvorens ’n handelsooreenkoms met die VSA aangegaan word.

Die aanbeveling van die Amerikaanse president kom na sy besluit vroeër die week om die invoerheffing teen Sjina tydelik terug te hou.

Die president het dit duidelik gestel dat Sjina eers die Hong Kong krisis moet oplos voor die VSA enige samesprekings sal voer vir die daarstelling van ’n handelsooreenkoms.

Die Sjinese president is ook geprys om daarmee die Sjinese aan te moedig om sy voorwaarde ter harte te neem, en gesê praised Xi Jinping is ’n goeie leier vir sy land.

Die gesindheid van president Trump teenoor die Sjinese eweknie het sakelui regoor die wereld laat moed skep dat ’n handelsooreenkoms wel bereik sal word om die krisis te beëindig.