Hong Kong op die rand van resessie

Die wêreldstad wat gesien word as een van die grootste handelsentrum en ’n toeriste Mekka is op die rand van ’n massiewe resessie.

Die handelsoorlog van die VSA teen Sjina, tesame met die anti-regering verset van die demokratiese party is die hoof oorsaak dat die stad binne weke baie na aan ’n resessie gekom het.

Die geweldige massa optog gangers wat die lughawe vir meer as twee dae beset het en honderde vlugte gekanselleer moes word, het selfs bygedra tot die bedanking van die hoof uitvoerende amptenaar van die lugredery.

Handelsware soos luukse Switserse horlosies en ander duursame artikels se verkope het weens die kansellasie van toeriste se vlugte na Hong Kong, tot ’n algehele stilstand gekom.

Die wêreld se mees gewilde inkopiesentrum het oornag tot stilstand gekom en talle sakeondernemings het besluit om hulle deure te sluit tot die stad terugkeer na normaal.

Sakelui reken die insinking is erger as die van 1997 tot die stad ook in oproer gekom het oor regeringsbesluite wat later teruggetrek moes word.