Hong Kong lughawe in totale chaos

Die besige Hong Kong Lughawe is vir ’n tweede agtereenvolgende dag in chaos gedompel dur die demokratiese opposisie wat in hul derduisende die ontvangsaal beset het.

Die kommunistiese owerheid van die stad het die toestand as een van “paniek en chaos” bestempel en toegegee dat hulle magteloos staan teenoor die vreedsame verset aksie van die opposisieparty.

Die florerende stad het ’n gedaanteverwisseling ondergaan, en die aandele beurs het sy laagste vlak in dekades bereik terwyl dosyne buitelandse vliegtuig rederye alle vlugte na die stad gekanselleer het.

Die demokrate eis die finale kansellasie van die beoogde wet om alle verhore in ’n Sjinese hof af te handel, en eis ook die bedanking van die kommunisties gesinde Carrie Lam.

Die Lughawe owerheid was verplig om alle vlugte af te las weens die oorbevolkte perseel waar die beswaar makers op die vloer sit en niks doen.

Dit is reeds tien weke van verset wat veroorsaak is met die stoomroller taktiek waarmee die Sjinese politici probeer het om sy greep te verstewig op die wêreldstad.

Gister het die Verenigde Nasies die owerheid in Hong Kong versoek om onverwyld ’n ondersoek te gelas na die gewelddadige optrede van die polisie teen die vreedsame optoggangers gedurende die afgelope weke.

Teen Woensdag het alles weer teruggekeer na normaal, maar honderde passasiers moes die totale ontwrigting beleef en nuwe reisreëlings tref.