Hoë TV koste weens hoë salarisse

Terwyl die aantal intekenare op DStv aan die daal is in Suid-Afrika, styg die inteken fooi jaarliks om die uitermatige hoe salarisse te betaal van sy senior amptenare.

Slegs ’n paar van die seniors in uitvoerende hoedanigheid van MultiChoice verdien gesamentlik meer as R54 miljoen per jaar.

Die Hoof Uitvoerende Beampte, Calvo Mawela, ontvang R10,6 miljoen per jaar en Tim Jacobs R8.4 miljoen, maar dit sluit nie die talle byvoordele waarop hulle geregtig is, in nie.

Wat nie in berekening gebring is nie, is die aandele opsies waarop die mense geregtig is, en wat ’n aardige bedrag kan beloop.

’n Finansiele deskundige het aan Die Vryburger gesê dit verklaar deels waarom die TV pakkette van Multichoice buitensporig duur is en die aantal intekenare besig is om te daal.