Hewige politieke stryd in Argentinië

President Mauricio Macri

Die politieke stryd tussen die konserwatiewe president van Argentinië en sy opponent uit die linkse sosialiste kamp, se tempo styg tot by die finansiële markte van die land.

Die aankondiging van President Macri dat sekere belasting kortingsen beter staatsubsidies beskikbaar gestel gaan word, het oënskynlik nie bygedra tot ’n beter klimaat vir die konserwatiewes nie.

Die geldeenheid, wat reeds met 30% verswak het, se verdere daling in waarde met 12% laat die skrif aan die muur verskyn vir die president.

Die eerste rondte van die presidentsverkiesing die afgelope naweek het die sosialistiese party ’n groot hupstoot gegee, wat die president genoop het om sekere ekonomiese toegewings aan kiesers te maak in die hoop om steun te behou.

Sy aankondiging Woensdag dat brandstof pryse vir 90 da gevries sal word om die swak ekonomiese toestande teen te werk, het klaarblyklik nie veel entoesiasme by kiesers ontlok nie.