Hanekom dagvaar Zuma oor belediging

Nkandla

Die voormalige ANC president, Jacob Zuma, is klaarblyklik binnekort weer in die hof, en hierdie keer omdat hy ’n mede-ANC lid beledig het.

Die ANC se voormalige minister, Derek Hanekom, dagvaar Jacob Zuma nadat die oud-president hom beledig het deur te sê Hanekom is ’n “bekende spioen van die vyand”.

Derek Hanekom, ’n voormalige minister en lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee dagvaar Zuma glo vir R500,000 skadevergoeding.

Die oor en weer sake in die land se howe tussen gesoute lede van die regerende party is volgens politieke ontleders ’n aanduiding van die ernstige verdeeldheid waarin die party hom bevind.

Jacob Zuma is reeds diep in die skuld oor ’n verskeidenheid aangeleenthede en het by geleentheid beweer dat hy nie geld het om sy verpligtinge na te kom nie.

In reaksie daarop is gesê die voormalige president moet maar sy spogplek, Nkandla, verkoop en sy skuld daarmee vereffen.