Guatemala: Konserwatiewes wen verkiesing

Alejandro Giammattei

Die kiesers van die Sentraal Amerikaanse staat het die afgelope naweek ’n konserwatiewe presidentskandidaat verkies om die arm land te lei in die volgende vyf jaar.

Alejandro Giammattei het ’n sterk meerderheid gekry in die presidentsverkiesing, en het die moeilike taak om die arm mense van die land, wat nagenoeg 54% van die bevolking is, na ’n beter toekoms te neem.

Die net meer as 11 miljoen inwoners maak staat op toerisme as die land se grootste bron van ekonomiese aktiwiteit, en alhoewel dit die grootste ekonomiese staat in Sentraal Amerika is, word armoede steeds ’n groter probleem.

Die land met sy 12 verskillende kultuurgroepe het egter ’n lang geskiedenis van stryd en het ook ’n dekade lank vasgeval in ’n burgeroorlog, maar vandag is dit ’n republiek met die strewe om ’n meter toekoms te skep.