Ford gaan maar betaal

Brandende Ford Kuga

Die Ford motormaatskappy in Suid-Afrika het uiteindelik besluit om onderhandelings te begin met mense en families wat skade gehad het met ’n Ford Kuga.

Die swak vervaardigde Kuga waarvan die masjien klaarblyklik oorverhit, het minstens 39 eienaars verontrief deur aan die brand te raak en selfs mense se dood of ernstige beserings veroorsaak het.

Minstens 34 van die meer as 4,500 Ford motors het getoon dat daar ernstige tekortkominge in die vervaardiger se voertuig is.

Kenners het aan Die Vryburger gesê dit skep die indruk dat Ford probeer het om weg te skram van skuld erkenning dur so lank te wag voordat hulle bereid geraak het om te onderhandel oor vergoeding, en die mening is uitgespreek dat Ford se gehaltebeheer kontroles uiters bedenklik is.