Faith Muthambi word moontlik geskors

Faith Muthambi

’n ondersoek van die omstrede SABC as nasionale uitsaaier het glo gevind dat die voormalige Minister van Kommunikasie, Faith Muthambi, haar mag misbruik het.

Volgens berigte het Faith Muthambi haar magte as minister oorskrei deur in te meng in die nuus dekking wat gelewer is.

Indien die bewerings bevestig kan word soos in die SABC verslag aangedui is, kan dit beteken dat sy as parlementslid geskors word.

Sy is een van drie persone wie genoem word in die ondervragings by die Kommissie van Ondersoek oor redaksionele inmenging by SABC om spesifieke berigte te manipuleer.

Faith is later vervang en nie weer as minister oorweeg nie, en nou word die moontlikheid al sterker dat sy ook as parlementslid geskors kan word.