Eskom se vier punt plan

Eskom het aangekondig dat hulle planne in plek gaan stel om uit hulle selfgemaakte gemors te kom.  Hulle gaan eerstens ʼn 80% tarief verhoging van elektrisiteit verkry deur ʼn hofbevel, tweedens gaan hul die entiteit ontbondel.

Derdens gaan Eskom besparings maatreëls instel. Daar word egter nie aangetoon hoe en watter besparings maatreëls daar geïmplementeer gaan word nie.

Intussen het senior amptenare van Eskom, wat tussen R1,5 en R3 miljoen per jaar in salaris ontvang, aangekondig dat hulle die hof gaan nader om terug werkende verhogings van 4,7%  te eis. 

Berekenings toon dat dit die bankrot entiteit ʼn verdere R200 tot R300 miljoen uit die sak sal jaag.