Ekologiese ramp tref Natal

Die afgelope week is bykans 1,600 kubieke meter (1,6 miljoen liter) olie en suur in die Mduduzi Rivier gestort.  Willowton Oil is verantwoordelik vir die ramp wat beskou word as van die grootste in die geskiedenis van Natal.  

Cato Ridge en die Umgeni Rivier is reeds besoedel en die besoedeling het die Inanda dam bereik wat gevoer word deur die rivier. 

Kenners meen dat dit jare sal neem voordat die ekologie herstel kan word en meen die benadering wat deur die owerheid gevolg word, die moontlikheid van herstel baie skraal is.

Duisende visse het gevrek en die naby geleë plantegroei is besig om te kwyn van die verstikkende olie in die dam.