Ebola virus versprei verder

Enkele ure nadat die derde geval van Ebola besmetting in die Kongolese grensdorp Goma aangemeld is, het Ruanda sy grense met die buurland gesluit uit vrees dat die virus na die land versprei kan word.

Die Minister van Gesondheid in Ruanda sê die grens met die Demokratiese Republiek van die Kongo word gesluit, maar het later ontken dat die grens wel gesluit is.

Ruanda se minister sê verkeerde inligting is ontvang en die grens is nooit gesluit na verneem is van die Ebola besmetting in Goma nie.

Later is bevestig dat nog gevalle van besmetting in Goma gevind is, wat die totaal op vier te staan bring binne twee dae na die eerste geval gediagnoseer is.

Die Verenigde Nasies se Wereld Gesondheid Organisasie het die Kongo (DRK) in ’n noodtoestand verklaar nadat ’n goudmyn delwer uit ’n besmette gebied die virus opgetel het en na sy familie teruggekeer wet, wat uiteindelik almal met die hoogs aansteeklike virus besmet is.

Die owerhede het enkele ure later vasgestel dat nog 12 mense in die dorp Goma die virus het, en dat die verspreiding daarvan veel vinniger is onder die 2 miljoen inwoners as wat verwag is.

Meer as 57,000 mense reis gereeld vanaf Goma na ’n nabygeleë stad van Ruanda wat die voorkoming van verdere verspreiding  feitlik onmoontlik maak.