Durban was ’n renbaan

Vir meer as twee jaar was Durban die jaagduiwels se renbaan, want alle spoedlokvalle met kameras was buite werking.

Die stad het vir twee jaar feitlik geen inkomste gehad uit spoedoortredings nie, en die enkele verkeersoortreding wat deur verkeersbeamptes raakgesien is, het ook nie altyd gelei tot ’n boetekaartjie nie.

Die onverklaarbare is dat die verkeers afdeling sê hulle kan nie ’n boete kaartjie uitreik nie aangesien die kamera-stelsel nie behoorlik funksioneer nie.

’n Woordvoerder van die munisipaliteit sê dit betaken egter nie dat di strate van die stad onveilig is nie aangesien die verkeerspersoneel “baie hard werk” om te verseker dat wet en orde gehandhaaf word.

’n Leser het aan Die Vryburger gesê hy is bewus van verskeie gevalle waar verkeersbeamptes boetes “vrygestel” het vir hulle vriende.