Duitse polisie konfiskeer reuse vrag kokaïen

Die polisie in Duitsland het beslag gele op kokaïen ter waarde van meer as $1 miljard wat in 211 sport sakke versteek was.

’n Polisie woordvoerder het bevestig dat 4,5 metrieke ton van die gevaarlike dwelmmiddel in ’n skeepvrag houer in Hamburg, in die noorde van die land gevind is.

Die kokaïen is gevind tydens ’n roetine soektog na dwelmmiddels wat deurlopend van Suid-Amerikaans state a Europa gestuur word.

Die meer as 4,200 pakke wat in 211 sport sakke verpak was, is op die houers gemerk as sojabone en afkomstig uit Uruguay, met eindbestemming via Hamburg na Antwerp in België.

Dit is die grootste besending kokaïen wat nog ooit in Duitsland onderskep is, en volgens die polisie word hulle net meer gemotiveer om die gifstof betyds te vind voor dit mense se lewens verwoes.