Duisende vroue betoog in Brasilië

Duisende vroue, wat hoofsaaklik van Indiaanse afkoms is, het aan ’n optog deelgeneem in Brasilië om beswaar te maak teen die konserwatiewe Jair Bolsonaro se beleid.

Die vroue bestempel die Brasiliaanse president as ’n rassis, maar meningspeilings toon dat vroue in die algemeen verskil van die sowat 100,000 optoggangers wat Woensdag in die hoofstad se strate betoog het.

Organiseerders het aanspraak gemaak op ’n totaal van 100,000 vroue maar die polisie en ander instansies sê dit was hoogstens 20,000 mense, en nie almal was vroue nie.

Vroue het glo die vorige dag ’n vergadering gehou waartydens president Bolsonaro se “volksmoord politiek” bespreek is na aanleiding van sy weiering om miljoene dollar te bewillig vir die Indiane.

’n Politieke ontleder het later gesê die vroue het met hulle optog die Demokrate se optog van twee jaar gelede teen Trump nageboots, en beide gevalle het geen resultaat gelewer waarop trots kan wees nie.