Duisende gevalle van bedrog

Lindiwe Zulu

Tydens vraetyd in die parlement het die Minister van Sosiale Ontwikkeling, Lindwe Zulu, gesê ’n werkspan waarby die SA Reserwe Bank, Bankserve, Basa en Sabric betrek is het opdrag om tekortkominge in die netwerk en administrasie te identifiseer.

Dit volg nadat vasgestel is dat meer as 20,000 gevalle van bedrog gevind is in die maatskaplike toelaes wat maandeliks aan meer as 17 miljoen mense in die land uitbetaal word.

Volgens berigte is 20,787 gevalle van bedrog gevind deur die SA Poskantoor aan die einde van Junie vanjaar.

Miljarde rand word jaarliks uitbetaal aan welsyn gevalle en die vermoede bestaan dat nog gevalle van bedrog uiteindelik gevind sal word.