Dreigende stakings in motorbedryf

Stakings kan binnekort die motorvervaardigers in Suid-Afrika lamlê as ’n ooreenkoms nie spoedig bereik word met die vakbond Numsa nie.

Die eerste rondte samesprekings het misluk, en ’n tweede poging is in die vooruitsig gestel, maar die eise wat gestel word dur die vakbond, laat rooi ligte flikker vir die toekoms van die bedryf.

Die eerste rondte samesprekings in Port Elisabeth het op ’n dooiepunt uitgeloop nadat die Numsa onderhandelaars ’n 20% verhoging geëis het.

’n Volgende rondte van onderhandeling sal in Pretoria gehou word, en die waarskuwing is reeds gehoor dat nog ’n mislukte ronde van onderhandelings sal beteken dat ’n staking gehou gaan word wat al die vervaardigers kan raak.

Die National Union of Metalworkers of SA (Numsa), verteenwoordig die grootste deel van werkers in die bedryf, en die Automobile Manufacturers Employers Organisation (AMEO) is glo gereed om met ’n tweede rondte in volgende week te begin.

Kenners het gewaarsku dat onredelike eise deur vakbonde kan lei tot die onttrekking van vervaardigers uit Suid-Afrika, en kan na lande verskuif waar stakings nie gehou word nie.