Caster sal nie mag deelneem

Caster bult spiere

Die beslissing van ’n Switsers hof bly van krag en daarom sal Caster nie mag deelneem aan die Wereld Atletiek Kampioenskap in Doha nie.

Die 28-jarige atleet kan ingevolge die Internasionale Atletiek Federasie se beslissings se oorwinning in die hof, nie deelneem in nommers tussen 400 meter en een myl afstand nie.

Die byeenkoms wat in September gehou word, is een van die belangrikste geleenthede, en die atleet sal nie die geleentheid kry om ’n vorige rekord te verdedig nie.

Caster se regsverteenwoordigers sê hulle sal nie ophou om te stry sodat menseregte kan seëvier nie.

Die kampioenskap vind plaas vanaf 28 September en duur tot 6 Oktober in Doha, die hoofstad van Qatar.