Britte saam met VSA in Golf gebied

Minister Ben Wallace

Die nuwe Minister van Verdediging in Brittanje, Ben Wallace, het pas aangekondig dat die Amerikaanse oproep tot gesamentlike beveiliging van die Golf seeroete, ondersteun sal word.

Die VSA het ’n beroep gedoen op Westerse lande om die Golf te beveilig teen kapings van handelsvaartuie wat van die belangrike roete gebruik maak.

Dit volg kort nadat ’n derde olie tenkskip met sewe bemanning daarop, en ’n olie vrag van 700,000 liter, deur die Irannese Revolusie Korps gekaap is.

Die twee weke oue regering van Eerste Minister Boris Johnson het hom by die VSA geskaar, maar daarmee ook sy verhouding met Iran in die weegskaal geplaas.

Die hoop bestaan dat ander Westerse lande nou ook sal toetree om die roete te beveilig teen Iran se aggressie wat ontstaan het nadat die VSA onttrek het uit die kernverdrag en met swaar sanksies teen Iran begin het nadat die land geweier het om ’n nuwe ooreenkoms te sluit.