Britte dalk met Brexit sonder kos

Alhoewel verskeie groot instansies in die voedsel bedryf reken daar sal geen tekort aan voedsel wees nie, het ander gewaarsku dat Brexit kan lei tot ’n ernstige voedsel tekort in Brittanje.

Dit is veral sekere soorte vars produkte wat na bewering vir etlike weke nie beskikbaar sal wees nie, veral as gen Brexit-ooreenkoms met die Europese Unie bereik word nie.

Kenners wys daarop dat bestellings eers in November geplaas word vir vasr groente en vrugte wat ingevoer word, en wat in groothandelaars se store geberg word om vir die Kersseisoen gelewer te word aan verbruikers.

Die industrie het bykans ’n halfmiljoen werknemers in diens wat in die Verenigde Koninkryk werksaam is, en wie se beroepe in die weegskaal kan wees indien nuwe leweransiers nie betyds gevind kan word wat ook hul produkte betyds kan lewer nie.