Britte betoog oor Kashmir

Die regering van Pakistan het ’n dringende gesprek met die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad aangevra, en die Indiese Eerste Minister kraai oor die veranderings wat aangebring is in Kashmir se status, terwyl duisende nou in Brittanje betoog teen die Indiese handelinge.

Die Britse betogers het honderde vlae en baniere van Pakistan en Kashmir vertoon terwyl hulle in Londen na die Indiese Hoë Kommissaris se geboue beweeg het om hulle ontevredenheid oor te dra.

Die protes gaan oor Indië wat die status van Kashmir verander het wat reeds vir 70 jaar van krag is

Indië het sekere veranderings aangebring in sy deel van die stad, en ook die internet kommunikasie gestop sodat mense nie in verset kan kom deur die sosiale netwerk te gebruik nie.

Intussen het die Veiligheidsraad aangekondig dat hy hierdie week ’n sitting het om oor die toestand in Kashmir te besin.