Brexit ooreenkoms is in EU hande

Minister Dominic Raab

Terwyl die Britse Eerste Minister vasbeslote bly dat hy op 31 Oktober die Verenigde Koninkryk se lidmaatskap in die Europese Unie sal beëindig, het sy Minister van Buitelandse Sake ’n waarskuwende woord tot die EU gerig.

Minister Dominic Raab het die afgelope naweek gese die verantwoordelikheid is nou in die EU se hande om ’n ooreenkoms te bereik met die Britte.

Minister Raab sê die EU se verantwoordelikheid om ’n ooreenkoms met die lidland aan te gaan kan nie geïgnoreer word nie.

Hy sê Brussel sal verantwoordelik wees indien ’n geen ooreenkoms uittrede op 31 Oktober plaasvind, en dit sal gebeur omdat geen kompromie aangegaan wou word nie.

Minister Dominic Raab was in Meksiko stad waar hy ’n verbeterde handelsverhouding gesmee het toe die waarskuwing tot die EU gerig is.

Die UE het by herhaling gesê hulle is nie te vinde vir ’n nuwe ooreenkoms nie, en staan by die wat met die vorige Britse premier, Theresa May, aangegaan is.