Brasilië steun Argentinië president

Minister Paulo Guedes

Brasilië sal onttrek uit die Mercosur handels blok indien die opposisieparty van Argentinië die oorwinning behaal in die komende presidentsverkiesing.

Die aankondiging is gemaak deur die Minister van Ekonomiese Sake, Paulo Guedes, wat in die Brasiliaanse kabinet van president Jair Bolsonaro dien.

Die minister het ook daarop gewys dat sy land se ekonomie gekoppel is aan die vennote in Mercosur, wat in ’n krisis beland het toe die president van Argentinië, Mauricio Macri gesukkel het teen die linkse opponent in die eerste rondte van die verkiesing.

Die minister het gewaarsku dat Brasilië die handel struktuur sal verlaat as Christina Kirchner die oorwinning behaal en die ekonomie sluit.

 Mercosur is tot stand gebring deur die vier grootste lande in Suid-Amerika, naamlik  Argentinië, Brasilië, Uruguay en Paraguay. Die lande het gesamentlik die wêreld se grootste handelsooreenkoms met die Europese Unie gesluit, en indien Brasilië sou onttrek, kan dit katastrofiese gevolge vir die ekonomie van Argentinië beteken.