Brasilië arresteer voormalige miljardêr

Eike Batista

Die polisie in Brasilië het Eike Batista, ’n charismatiese mynbaas en oliemagnaat wat vroeër die land se rykste man was, gearresteer as gevolg van beweerde geldwassery en onwettige handel.

Due voormalige miljardêrs in Rio de Janeiro aangekeer en ’n polisie woordvoerder het in ’n verklaring gesê die arrestasie is egter ’n voorlopige handling maar ondersoekers sal ook sy huis deursoek asook van sy firmas en sy twee seuns se woonplekke.

Eike Batista was in 2017 onder huisarres geplaas vir ’n verskeidenheid oortredings, en is later vir 30 jaar tronkstraf opgelê wat verband hou met ’n omkopery ten bedrae van meer as $16 miljoen.

Die land se president, Jair Bolsonaro, het tydens sy verkiesingsveldtog belowe om dwelmhandel, geldwassery en korrupsie met hand en tand te beveg.