Bolivia vra hulp teen woeste brande

Terwyl brandweer personeel saam met vrywilligers reeds dae lank veg teen die verwoestende brande in Bolivia, het die regering om hulp geroep na die internasionale lande wat toekyk hoe duisende hektaar woude vernietig word.

Volgens die land se owerheid, het meer as 650,000 hektaar van tropiese woude reds in die slag gebly, en die toestand vererger steeds.

’n Woordvoerder van die regering sê hulle wag op die aflewering van ’n Boeing 747 Supertanker wat gebruik word om bosbrande te bestry.

Tans woed die brande na aan die grens met Brasilië en Paraguay, en indien die brand na die gebiede versprei, kan dit katastrofiese gevolge inhou.

Die Minister van Verdediging, Javier Zavaleta, sê alle hoop is nou gevestig op die spoedige aflewering van die vliegtuig.

Die wereld se grootste reënwoude, wat in Brasilië is, word nou bedreig en brande kan die klimaatsverandering waarteen die wêreld tans veg, nog vinniger laat versnel.