Bolhuis TV program gestaak oor woorde

Die tweede TV program reeks van die privaatspeurder Bolhuis is gestop nadat hy herhaaldelik na pikswart mense verwys het as “houtkoppe” en as “n*gg*rs”.

Kyknet het dit noodsaaklik geag om die reeks te stop voor dit begin weens die gebruik van die twee woorde.

Klaarblyklik is die nuwe reeks kort voor die begin van die eerste uitsending afgelas, en gaan dit waarskynlik nie weer aangebied word nie.

Kenners van TV programme het aan Die Vryburger gesê hulle is verbaas oor die optrede om die program te kanselleer, aangesien die gebruiklike “piep” met redigering ingebring kon word om die woorde te vervang.

Die program sou op 31 Julie hervat word in ’n nuwe reeks, maar of dit hersien gaan word om geskik te wees vir uitsendings, is nie bekend nie.

Sedert die FW de Klerk regering die land weggegee het is die “byname” wat steeds in die volksmond lewe, as verbode verklaar.