Betroubare operateurs al skaarser

Die landbou in Suid-Afrika sukkel om bekwame, en veral betroubare operateurs te bekom wat oor die kundigheid beskik om as operateurs van groot toerusting diens te doen.

Die vermoë om ’n graan oesmasjien wat ’n paar miljoen rand gekos het, te hanteer op die lande van ’n boer, verg ervaring en vernuf.

’n Landbouer het aan Die Vryburger gesê dat kennis en vernuf sonder betroubaarheid nie van veel waarde is om die duur toerusting effektief te benut in die land waar die oes staan en wag om ingesamel te word nie.

Dit is nie net in die groot mielie produserende gebiede waar sulke mense nodig is nie, want die Wes-Kaap en Oos-Vrystaat se koring word ook met die reuse masjiene geoes.

Boere het ook betroubare vragmotor bestuurders nodig wat oor jare ’n bewese rkord opgebou het vir ongeluk vrye kilometers agter die stuur van ’n vragmotor wat na markte moet ry om nie net koring en mielies te vervoer nie, maar ook vee, vrugte en groente moet by die mark gelewer word.

Miskien is dit tyd dat ’n opleidingsentrum opgerig word wat leerlinge bedrewe kan maak met die hantering van die reuse monsters.