Argentinië staar probleme in gesig

President Mauricio Macri

Meningspeilings in Buenos Aires, Argentinië, toon dat die swak vertoning van President Macri in die eerste rondte van die verkiesing as president, die land se geldeenheid, die peso, gevaarlik laat tuimel het teen ander geldeenhede.

Maandag het die peso en die aandele beurs asook die verbandkoerse gevaarlik gedaal wat daarop dui dat die president se rgering steeds gewild is weens die vastigheid wat Argentinië die afgelope termyn ondervind het.

President Mauricio Macri moes toekyk hoe die geldeenheid met 30% verswak nadat die uitslag van die eerste rondte in die presidentsverkiesing bekend gemaak is.

Politieke ontleders sê daar bestaan ernstige kommer oor die moontlikheid dat die linkse Alberto Fernandez, ’n familielid van ’n voormalige president, Cristina Fernandez, moontlik die tweede rondte kan wen om as president ingehuldig te word.

President Jair Bolsonaro van Brasilië het gewaarsku dat argentinie ’n donker tyd sal betree as Macri nie herkies sou word nie. Hy sê die vlugtelinge krisis sal weer opduik en Argentinië se ekonomie kan daardeur ernstig geskaad word.