ANC se grootpratery oor Gesondheidsplan

Die ANC se Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, het weer verduidelik hoe die sogenaamde Nasionale Gesondheidsplan benader sal word.

Sonder om nuwe inligting aan die media beskikbaar te stel, het hy selfs die terroristiese leier van weleer, Mandela, aangehaal.

Die gepraat oor hoe die Plan oor ’n tydperk van sewe jaar tot volledigheid gelei sal word, is al wat gesê word, sonder om te wys op die moontlikheid dat die land se ekonomie nog verder kan tuimel, wat die infasering van fases kan kortwiek.

Geen aanduiding is gegee hoeveel dit die belastingbetalers gaan kos nie, of oor watter stadium die belastings gaan verhoog om die R400 miljard wat dit jaarliks sal beloop, te finansier nie.

Volgens Zweli Mkhize sal nuwe aanstellings gedurende die sewe jaar tydperk gedoen word om die uitermatige groot administratiewe las te bestuur.

Hy sê ’n kruis-subsidie stelsel sal van toepassing wees, wat beteken diegene wat gesond is en steeds ekonomies aktief is, sal die vrag dra om die werkloses en die ouer garde wat op pensioen is, se uitgawes te betaal.

Geen melding is gemaak van hoe hospitale se chaos verander gaan word in doeltreffende gesondheid instellings nie, of waar die geneeskundiges vandaan gehaal gaan word om die toestroming van siekes te hanteer nie.