ANC respekteer Hanekom optrede

Jacob Zuma

Die ANC het in ’n verklaring gesê die party respekteer Hanekom s optrede om die voormalige president hof toe te sleep oor sy uitlating.

Zuma se voormalige woordvoerder, Mac Maharaj het ook sy gewig agter Hanekom ingegooi teen Jacob Zuma, wat nogmaals ’n aanduiding is van die ernstige verdeeldheid in die party.

Die opmerking van Zuma dat Hanekom ’n “bekende agent van die vyand” is, het gelei tot optrede van die voormalig minister, en stel hy ’n eis van R500,000 in teen Zuma.

Hy vereis ook ’n verwydering van die inskrywing op die sosiale netwerk en ’n behoorlike verskoning moet aangebied word.

Waarnemers wys op die ironie van die saak waarin die voormalige minister nou sy eie president van weleer moet dagvaar omdat die hom beskryf as ’n agent van die vyand.

Hanekom sê die opmerking het hom ernstige skade berokken en daarom stel hy ’n eis van R500,000 in ten Zuma.