Aktiviste stop trein in Duitsland

Dosyne klimaat en omgewingsaktiviste het geprotesteer teen Volkswagen deur ’n trein wat van die vervaardiger se motors vervoer, tot stilstand te dwing.

Die protesteerders het op die spoorlyn gelê en daarmee voorkom dat die trein met ’n vrag Volkswagen motors verder kon beweeg.

Die trein was gedwing om met sy vrag van 200 splinternuwe motors te stop in die noordelike gebied van Wolfsburg, en kon eers weer verder ry na sewe uur se oponthoud.

Die protesteerders sê hulle maak beswaar teen die motorvervaardigers se groot bydrae om die verandering in klimaatstoestande te bevorder.

Die plaaslike polisie sê hulle was onseker oor wat om te doen, veral omdat verskeie aktiviste hulleself vasgemaak het aan die spoorlyn.

’n Woordvoerder van die Duitse spoordiens maatskappy sê die trein is vir sowat 7 uur opgehou, maar ander treine is nie deur die onderbreking geraak nie.