AFD steun groter as Merkel se CDU

Die nasionalistiese politieke party, die Alternatief vir Duitsland (AFD), het die voortou geneem deur meer steun te kry as die Christen Demokrate Unie (CDU) van kanselier Angela Merkel.

Die opname wat in die oostelike deel van Duitsland gemaak is, het skokgolwe deur die regerende party van kanselier Merkel gestuur, veral in die lig daarvan dat die peiling ’n maand voor die streek se verkiesing gehou moet word.

Die AFD se 23% is ’n klein bietjie beter as die CDU se 22%, en veel beter as die Linkses se 14% en die Groenes se 13% terwyl die Sosialiste slegs 11% steun geniet volgens die peiling.

Dit is bekend dat meningspeilings in Duitsland redelik akkuraat gedoen word, ’n die geringe voorsprong van die AFD oor die regerende party kan ook verder uitkring na ander streke.

Die AFD het die eerste keer verteenwoordiging in die Duitse Bundestag, (parlement) gekry met die 2017 verkiesing, en het daarna geleidelik steun bekom uit veral die regerende CDU.