Zuma ontevrede oor vrae

Benewens ander situasies en voorvalle, het die ANC se voormalige president, Jacob Zuma, bollemakiesie geslaan oor die vrae skerp en direk aan hom gevra is.

Die man wat gewoond was daaraan dat hy die septer swaai, kon dit nie verwerk dat hy met vrae gepeper word wat hom in die moeilikheid gaan bring en daarom het hy telkens gesê “hy kan nie onthou nie”, en moes sy regsverteenwoordiger vir hom in die bres tree.

Dit het gelei tot ’n woordewisseling tussen die vraesteller en Zuma se verteenwoordiger wat die besluit laat val het om Donderdag geen verdere verhoor te hou nie sodat die regsverteenwoordigers die lug kan suiwer.

Waarnemers sê die “kan nie onthou” is ’n antwoord om nie te lieg nie, want hy is onder eed met die vrae .

Die verhoor hervat weer Vrydag en sy aanvanklike versoek dat hy die vrae vooraf moet kry, is summier verwerp deur die kommissie.

Kenners sê sy versoek laat die indruk dat hy as president die media verplig het om vooraf hulle vrae bekend te maak, en wil dit nou ook eis van die Zondo kommissie.